MOSSELBAAI NUUS - 'n Lewendige boekbespreking met plaaslike outeurs en woordkunstenaars Charles Theunissen, Cornelle Carstens en Lluyele Arendse het feesgangers by die eerste Mosselbaai Soul Festival vasgenael gehou.
Lewendige, selfs emosionele oomblikke, het dié besprekings gekenmerk.
Voorts is interessante kombuispraatjies met Ampie Kruger, Alewyn Dippenaar, Irene Fischer, Madge du Preez en Irma de Klerk verdere hoogtepunte op vanaand se feesprogram.
Dis benewens die ritme en klank van plaaslike kunstenaars wat die tafel gaan dek vir die groot musiekgeeste Anton Goosen en Gian Groen wat tot laat topvermaak sal bied.
Sien die volledige feesprogram hier.
Tydens een van vandag se boekbesprekings.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'