GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die ou stasietuin op Groot Brak, wat tans deur die Groot Brak-bewaararea en vrywilligers in ere herstel word, het tydens 'n onlangse sessie 'n pragtige blommevonds onthul.
Soos wat die indringerbos en dekades se verwaarlosing verdwyn, tree die wonder van die natuur weer na vore.
Plante van nie net oral oor die land nie, maar oor die wêreld heen, is deur treine na hierdie eens spogtuin gebring. Vivienne Fry het hierdie avontuur begin, wat nou blyk 'n groter projek te wees as wat aanvanklik vermoed is. Spanwerk is van belang hier en vrywilligers is dus noodsaaklik.
Om ook deel te wees van hierdie projek, gaan val gerus in by die Groot Brak stasie, elke tweede Saterdag van die maand of kontak Scott Thomson by scottjonathanthomson@gmail.com of 044 004 0134.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'