TUINROETE NUUS - Die George-blommeklub bied, as 'n fondsinsamelings-projek, 'n blommeskou aan in die Baptiste Kerksaal op die hoek van Knysnaweg en 5de Straat in George op Saterdag, 27 Julie.
Die verrigtinge begin om 09:30 vir 10:00.
Daar gaan sowat 30 blomrangskikkings, onder die tema Inspired by Nature, gedoen deur plaaslike blomme kunstenaars wees, om te besigtig.
Drie nasionaal gekwalifiseerde beoordelaars kom vanaf Kaapstad om die uitstalling te beoordeel en sal dan 'n skouspelagtige demonstrasie lewer.
Tee en verversings word bedien en Voldi George tree as gaskunstenaar op.
Enkele kaartjies is steeds beskikbaar teen slegs R100 per persoon en kan vooraf by Jackie Theron (083 294 0606 of 044 871 2514) gekoop word.
Daar mag nog kaartjies by die deur beskikbaar wees. Kom vroeg om teleurstelling te verhoed.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'