Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Biddag vir boere in nood, is op Vrydag, 6 November deur talle inwoners van Mosselbaai en omgewing bygewoon. Dié geleentheid, wat onder andere ook deur dr Ivan Meyer, minister van landbou bygewoon is, het by die Brandwacht NG kerk plaasgevind en is met gebed deur Henry Meyer geopen waarna die onderburgemeester, raadsheer Dirk Kotzé die verwelkoming gedoen het.
Ds Tertius Conradie het in sy bedieningsboodskap die skriflesing uit Psalm 46 gedoen. Die hooftema was "God is vir ons 'n toevlug".
In sy boodskap sê Conradie dit is nie net die boere nie, maar ook die gemeenskap wat na die Here moet kom en voor Hom moet kom stil word.
Dr Meyer het in sy hoofrede gesê dat wanneer jou regering jou faal, jy op jou knieë moet gaan en die Here aanroep. "Die onsekerheid wat deur die regering geskep is, plaas ons vandag voor die voete van Christus," sê dr Meyer. Hy het ook 'n gebed voorgelees wat hy vir boere geskryf het.
Lede van die publiek is daarna die geleentheid gebied om gebed te doen en is afgesluit deur 'n gebed van Peter Juthe, wat ook die programleier vir die dag was. John Robertson, plaaslike boer en besigheidsman het die bedankings gedoen en almal teenwoordig het die Onse Vader gebid, waarna ds Conradie die seën uitgespreek het.
Voor en na die verrigtinge het lede van die gemeente eetgoed, koffie en tee vir die besoekers aangebied. SFM het regstreeks vanaf die geleentheid uitgesaai. Cathy McDonald het onder andere met Kotzé en Meyer onderhoude gevoer tydens die regstreekse uitsending.
Die besonderse gebedsdag is aan Conradie, die vroue van Wyk 4 en hul wyksraadslid te danke.
Kyk 3 video's hieronder:
Lang weergawe (45 min):
Onderburgemeester, Raadsheer Dirk Kotze gesels met Cathy McDonald van SFM:
Minister van landbou, Dr Ivan Meyer gesels met Cathy McDonald van SFM:
Klankopname van die geleentheid:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'