MOSSELBAAI NUUS - Biblioteke in die groter Mosselbaai is vanaf Maandag, 13 Julie oop op die tye soos hier aangedui.
Lede van die publiek moet daarop let dat streng Covid-19-maatreëls soos vereis toegepas sal word.
Mosselbaai, D'Ameida, KwaNonqaba, Herbertsdale, Brandwag, Friemersheim, Greenhaven, Ellen van Rensburg (Groot Brak) en Hartenbos - almal vanaf 09:00 tot 15:00 oop.
Landelike gemeenskappe
Sonskynvallei: 13:00 – 15:00 (Maandag, Woensdag en Vrydag); Toekoms: 13:00 – 15:00 (Maandag en Woensdag); Buisplaas: 10:00 – 13:00 (Dinsdag en Donderdag) en Ruiterbos: 10:00 – 12:00 (Maandag, Woensdag en Vrydag).
Die publiek word versoek om in ag te neem dat biblioteke op kort kennisgewing gesluit mag word indien ontsmetting weens Covid-19 genoodsaak word in die belang van beide die publiek en die personeel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'