Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Boekwurms het vandeesweek die blye nuus ontvang dat biblioteke in die groeter Mosselbaai weer vanaf Maandag, 8 Februarie oop is.
Die biblioteek-ure is vanaf 08:00 tot 15:00, asook elke laaste Saterdag van die maand.
Dit geld die biblioteke van Mosselbaai, Hartenbos, KwaNonqaba en Ellen Van Rensburg-biblioteek in Groot-Brakrivier. Die biblioteke van Greenhaven, Friemersheim en D'Almeida is egter nie op Saterdae oop nie.
Ander biblioteke in die area, se ure is as volg:
• Sonskynvallei-biblioteek: 13:00 tot 17:00 op Maandae, Woensdae en Vrydae
• Buisplaas-biblioteek: 10:00 tot 13:00 op Dinsdae en Donderdae
• Toekoms-biblioteek (Groot-Brakrivier): 14:00 tot 17:00 op Maandae en Woensdae
Hierdie reëlings geld tot einde Februarie wanneer die bedryfsure weer in oorweging geneem sal word.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'