MOSSELBAAI NUUS - Direct Relief of Poverty and Sickness (D.R.O.P.S) in samewerking met Mosselbaai-munisipaliteit het opknappingswerk by die Buisplaas-biblioteek gedoen.
D.R.O.P.S het in Oktober 2018 die munisipaliteit genader om 'n projek in 'n landelike area te loods en Buisplaas-biblioteek is geïdentifiseer.
Die Mosselbaai-munisipaliteit bedank alle rolspelers, in besonder D.R.O.P.S vir hul belegging in Mosselbaai en meer spesifiek in Buisplaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'