Dit was 'n besondere leersame dag waarby alle Bewarea organisasies kon deel in die positiewe en negatiewe invloede op die na-tuurlewe in ons omgewing.
Ubunto Opleiding het 'n aanbieding gedoen oor slange en verskeie feite is uitgelig, soos dat Pofadders muisplae onder beheer hou. Een dooie slang kan veroorsaak dat daar tot 20 000 muise in een seisoen aanteel. Dink asseblief voordat jy 'n pofadder doodmaak; vra eerder dat 'n kenner die slang kom verwyder. Onthou ook dat pofadders twee keer vinniger pik as 'n ballon wat geprik word!
Sydney Kcakana van George Botaniese Tuine het die lede verras met sy uitstekende kennis oor plant- en boom spesies. Gaan besoek hom gerus vir die uitkenning van bome en plante.
Die bekende Francis Steyn, Wes-Kaap Re-gering Departement Landcare, het in-diepte informasie deurgegee oor die rol en proses van rehabilitasie en gronderosie, waarmee die Provinsie besig is, asook die impak op die toekoms. Sy passie was aansteeklik en lede het hom baie geniet.

Annatjie J van Rensburg, Kay Prinsloo (Pinnacle Bewarea media CO), Kelly-Jane Peo (conservancy officer), Vivien Stadler (conservancy officer), Jean-Pierre Fourie (conservancy officer), Anton Dellemijn (voorsitter GBR Bewarea), Ruanlie Oosthuizen (conservancy officer), Johann Muller (GBR Bewarea) en Chris Botes (GBR Bewarea).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'