DANABAAI NUUS - Vir die eerste keer in die bestaan van die Danabaai-bewarea is 'n toekenning, naamlik Vriend van Danabaai-bewarea uitgereik.
Die eer vir die eerste ontvanger van die toekenning het Johan Siegling toegekom vir sy volhoudende werk om die groenstroke in Danabaai van indringerplante skoon te hou.
Die toekenning is 'n nuwe inisiatief van die Danabaai-bewarea se bestuurskomitee.
Johan Siegling, eerste ontvanger van die Danabaai-bewarea se toekenning, Vriend van die Bewarea, saam met Russel Hendry (voorsitter), Jannine Pereira (sekretaresse) en Vincent Surics (ondervoorsitter).
'Ons bring jou die nuutste Danabaai, Tuinroete nuus'