MOSSELBAAI NUUS - Beurtkrag word deur Eskom toegepas, nie die Mosselbaai-munisipaliteit nie. Gedurende die afgelope naweek, was daar ‘n voorval waartyden Eskom ‘n uur laat was met die aanskakeling van spesifiek Klein-Brakrivier, Groot-Brakrivier en Glentana na beurtkrag toegepas is.
Daar kan verskeie redes vir hierdie oponthoud bestaan, maar dit is nie aan die Mosselbaai-munisipaliteit bekendgemaak nie.
Dit dien gemeld te word dat na vier ure beurtkrag, Eskom se operateurs onder groot druk verkeer. Dit is ‘n waarskynlikheid dat ‘n area later aangeskakel mag word, indien daar ‘n probleem elders sou opduik wat moontlik ‘n impak op die skakelwerkskedule en volgorde wat gevolg moet word, kan hê.
Die Mosselbaai-munisipaliteit kan egter nie namens Eskom kommentaar lewer nie, maar slegs oor kwessies waaroor die munisipaliteit direk beheer het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'