Update
MOSSELBAAI NUUS - Borgtog is vandag in die Mosselbaai landdroshof toegestaan aan die 25 gearresteerde belhamels wat Vrydag met geweldadige protesoptrede Danabaai lamgelê en verkeer op die N2 vir meeste van die dag ontwrig het.
Die belhamels is tydens die protesoptrede deur wetstoepassers gearresteer en het vandag in die landdroshof voorgekom.
Onder aanvoering van Lt Kol Albert Haggard van die Mosselbaai-polisie het die gesamentlike operasionele sentrum tydens hul vergadering vanmiddag besluit om werksaamhede nie af te skaal nie, maar waaksaamheid eerder te verskerp.
Die gemeenskap kan enige inligting van verdagte optrede rapporteer aan 044 606 2208.
Die huidige patrollies en wetstoepassingsoptredes sal tot verdere kennisgewing voortgaan soos bevestig.
Lees 'n verwante artikel: Situation report
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'