MOSSELBAAI NUUS - AGS Greenhaven hou op Sondag, 12 Mei hulle besonderse jaarlikse Moedersdagbyeenkoms, wanneer alle vroue vereer word vir hulle rol as moeders en sorggewers.
Die gasspreker tydens die Sondagoggendbyeenkoms wat om 09:00 begin is past Valthea Johnson, 'n inspirerende prediker van Mosselbaai.
Die byeenkoms sal 'n fees wees van koorsang en -danse.
"Ons nooi die hele gemeenskap om hierdie besonderse byeenkoms by te woon," se past Leon Prinsloo van die gemeente.
Vir meer besonderhede, kontak past Prinsloo (082 458 5430).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'