MOSSELBAAI NUUS - Die NG-gemeente Danabaai bied vanaf 16 tot 21 Julie 'n winter-ekspo aan. Die doel hiermee is om vir Mosselbaai en omgewing se amateur en professionele kunstenaars 'n geleentheid te bied om hulle kunswerke uit te stal en te verkoop.
Kunswerke kan alles insluit van skilderkuns tot loodglaswerk tot houtwerk. Daarmee saam word mense wat selfvervaardiging stokperdjies beoefen ook uitgenooi om hulle besondere talente en belangstellings te kom uitstal. Die klem van die uitsalling lê juis op self vervaardig.
Die reëlingskomitee van die expo wil nie aangekoopte en massavervaardigde produkte laat uitstal nie, daar is genoeg ander vlooimakte in die omgewing wat daarvoor regstaan.
Vir alle inligting kan Leone Geldenhuys (084 703 8184), Wehan Geldenhuys (072 326 0901) of die kerkkantoor (044 698 1977) gekontak word. Navrae wat per e-pos gerig word kan gedoen word by: w.g@telkomsa.net
"Ons gemeente nooi alle kunstenaars en besoekers uit om die week ons gemeente se winter-ekspo te kom ondersteun te besoek. Julle gaan beslis Danabaai-gemeente se warm vriendelikheid en gasvryheid beleef, en dalk net daardie kunswerk kry waarna jy al so lank soek."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'