Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die bestuurskomitee van die Mosselbaai Besigheidskamer sal nog ‘n jaar in hulle posisies aanbly.
Dié aankondiging is gisteraand, 5 April by die organisasie se algemene jaarvergadering gemaak.
Die bestuurskomitee bly dus onveranderd met Albert Wiffen as voorsitter en ander lede, René Malan, Kelly Fourie-Barnard, Johan Lochner, Fanus Truter, Denise Lloyd, Lorette Grobbelaar, Werner Kock, Emile Nel en Marika Thomatos.
Wiffen het uitgestip dat die organisasie ‘n goeie jaar beleef het, veral wat die 30% toename in lidmaatskap betref.
FOTOGALERY: Mosselbaai Besigheidskamer by ATKV Hartenbos
Die geleentheid is deur die ATKV Hartenbos aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'