MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Besigheidskamer het gisteraand, 20 April hulle algemene jaarvergadering by die Bahia Bleu Restaurant gehou en ook ‘n nuwe bestuur gekies.
Die organisasie het met leedwees afskeid geneem van twee bestuurslede, Paul Kurger en Nico Marais wat jare reeds op die bestuur en ook beide al as voorsitters gedien het.
Die nuwe bestuur is Werner Kock, Lorette Grobbelaar, Emile Nel, Johan Lochner, Kelly Fourie-Barnard, Denise Lloyd en Fanus Truter, Marika Thomatos en Albert Wiffen.
Die nuwe bestuur is Werner Kock, Lorette Grobbelaar, Emile Nel, Johan Lochner, Kelly Fourie-Barnard, Denise Lloyd en Fanus Truter. Nuwe bestuurslede Marika Thomatos en Albert Wiffen was afwesig met die neem van die foto. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'