Breaking News
MOSSELBAAI NUUS- Nog niemand is in hegtenis geneem ná daar onlangs by twee besighede op Danabaai ingebreek is nie.
Die KwaNonqaba-polisiewoordvoerder, ao Kappie Kapp, het bevestig dat die eienaar van ‘n wassery op 6 Januarie by die perseel in Floraweg aangekom en bevind het dat ‘n onbekende bedrag kontant en ander items gesteel is.
Die eienaar van ‘n wegneemete-restaurant in dieselfde straat, het ‘n saak van diefstal by die polisie aanhangig gemaak nadat die besigheid se alarm die afgelope week op 16 Januarie geaktiveer is.
Met die eienaar se aankoms het hy gesien die agterdeur is oopgeforseer en dat verskillende items, wat die kasregister insluit, gesteel is.
Enigeen met inligting kan die KwaNonqaba speurkantore kontak by 044 606 5633.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’