MOSSELBAAI NUUS - Die Pinkster Protestante Kerk Emmanuel in Heiderand hou op Sondagaand, 17 November 'n besonderse byeenkoms, getitled, Ablaze.
Die Ablaze-temais is geskoei op Jesaja 66:8. "Die gedagte wat saamgevat word is dat ons as 'n geloofgemeenskap die Here vertrou vir geestelike herlewing in ons dorp. Dit is beslis ook nie beperk tot net een gemeente nie. Ons nooi die hele gemeenskap uit."
Verskeie predikante, insluitend pastore Morné du Plessis, Lorentz la Grange en Jacques Kilian neem deel aan die byeenkoms wat om 18:00 begin.
Die kerk is in Heiderand, Kershoutstraat 24. Vir meer inligting, kontak pastoor Jan Bezuidenhout vir meer inligting (083 378 1438).
Die Ablaze-byeenkoms word op Maandag, 18 November by die PPK George gehou om 19:00.
Pastoor Lorentz la Grange.
Pastoor Morné du Plessis.
Pastoor Jacques Kilian.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'