MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie bied 'n "groot" beloning aan vir inligting wat kan lei tot die in hegtenisname van vyf mans wat 'n spazawinkel duskant Brandwag beroof het.
Die voorval het op die R328-pad op Maandag, 29 April om 20:45 gebeur.
Polisiewoordvoerder, kapt Wollie Fourie sê die vyf verdagtes het die winkel binnegestorm en die eienaar met wapens aangehou. "Twee verdagtes het handwapens gehad en drie van hulle was met pangas gewapen."
Die verdagtes het die winkeleienaar aangerand en hom saam met 'n vrou wat agter in die winkel gewerk het, vasgebind. "Die verdagtes het gevlug met sjokolades, sigarette, 'n selfoon en 'n onbekende bedrag kontant." Fourie sê die mans het in 'n ligte blou VW Golf gevlug.
Enigeen met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte in die saak, ao Donovan Geswind (073 310 2141) kontak.
Die polisie wil nie die bedrag van die beloning bekend maak nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'