MOSSELBAAI NUUS - Die skrywer Chanette Paul en die sanger Petronel Baard, bied op Vrydag, 2 Junie, om 19:00 'n vertoning Shed Sjiek aan by Harti's Sjiek, Brinkleys op Klein Brak.
Chanette gaan voorlesings doen uit van haar boeke, soos Murasie, die Offer-tweeluik, en Vywervroue met Petronel, wat dit sal aanvul deur te sing oor die mense en gebeure wat die boeke geïnspireer het.
Die pianis, Franco Engelbrecht, tree saam met hulle op wat dit 'n besondere kultuurervaring maak.
Heerlike sop, vars gebakte brood en koffie gaan te koop aangebied word. Die vertoning begin om 19:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’