MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-polisiestasie se sektor 1 hou 'n belangrike vergadering waar uiters relevante kwessies bespreek sal word.
Enige persoon of besigheid in die sektor 1-area naamlik die onderdorp, bo-dorp en Santos, word versoek om nie die sektorvergadering mis te loop nie aangesien belangrike punte op die agenda bespreek gaan word.
Die vergadering vind plaas op Dinsdag, 3 Maart om 16:00 by die Santos Express.
Twee van die hoofpunte vir bespreking is die dwelmsituasie en die haweloses in die gebied.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'