Sprekers by die geleentheid was Matrone Mart Botha van Genevafontein Aftree Oord in George, wat gepraat het oor die registrasie van Privaat Instansies ingevolge die Wet op Ouer persone 13/2006, en mnr Brian Thomas van DTS oor die voorafverpakking van medikasie.
Lede van aftreeoorde en -sentrums oor die hele Suid-Kaap het die vergadering bygewoon. Nuwe bestuur vir 2014/15 is verkies.
Die nuwe bestuur is: Eric Bekker, Gert Meiring, Suster Retha Nel, dr Gerrit Theron, Kosie Esterhuyse, Bets Wilkinson, Pieter Engelbrecht.
Die Bestuur se portefeuljes sal op 12 September vasgestel word. Intussen is mnr Eric Bekker steeds die Voorsitter. Vir navrae kontak 044 871 2429.

Die lede wat die vergadering bygewoon het voor die Bain Lavers Sentrum by Millenium. Foto's: Juanita van Wyk

BAASK se nuwe bestuur vir 2014/15 is, van links: Eric Bekker, Gert Meiring, Pieter Engelbrecht, dr Gerrit Theron,
Bets Wilkinson en Kosie Esterhuyse.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'