MOSSELBAAI NUUS - ‘n Nuwe Suid Afrikaanse produksie van Gail Louw se internasionaal bekroonde teaterstuk The Good Dad gaan sy feesdebuut maak by die KKNK die jaar van 6 tot 9 April.
Die Goeie Pa is die skepping van die bekroonde kreatiwe span wat The Unlikely Secret Agent vervaardig het. Dit is vir agt Fleur Du Cap Theatre teater-toekennings genomineer, met Paul du Toit wat as beste regisseur bekroon is.
Dit word aangebied deur Unlikely Productions, met Erika Marais wat ‘n nominasie ontvang het vir haar vertolking van Eleanor Kasrils in die hoofrol. Marais se ouers woon op Mosselbaai en sy besoek die dorp gereeld.
Paul du Toit span weer saam met Erika Marais en het die vertaling in Afrikaans en regie behartig.
Die Suid-Afrikaanse verwerking van Gail Louw se teaterstuk volg op twee hoogs suksesvolle speelvlakke in London.
Die teaterstuk gaan oor ‘n gelukkige familie.’n Goeie Pa. Amal het gedink hulle was ‘n lieflike gesin. Maar elke familie het iets om weg te steek en agter toegetrekte gordyne skuil donker geheime.
Die goeie pa word vertel uit die oogpunt van drie karakters, ‘n ma en haar tweeling dogters en dit verken die psigologiese uitwerking van mishandeling: ontkenning, skuld, jaloesie en Stockholm-sindroom.
Die stuk is ‘n kragtige maar teer vertelling van ‘n donker storielyn en ‘n roerende verhaal van oorlewing en verlossing.
Die aktrise en vervaardiger Erika Marais sê: “Ek voel bevoorreg om hierdie belangrike storie in my tuisland Suid-Afrika en in my eie huistaal Afrikaans op te voer.”
Die Goeie Pa met Erika Marais word aangebied deur Unlikely Productions. Dit is geskryf deur Gail Louw met vertaling en regie deur Paul du Toit en die klankontwerp is deur Jahn Beukes gedoen.
Die Goeie Pa word opgevoer in die Grieselsaal op: 6 April, 15:30, 7 April, 09:30, 8 April, 09:30, 9 April, 14:00
Bespreek vir alle vertonings by Webtickets of jou naaste Pick n Pay.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'