GROOT BRAKRIVIER NUUS - Marita van der Vyver, bekende en bekroonde Afrikaanse skrywer, het tydens haar jongste besoek aan Suid-Afrika op 20 Februarie as gasspreker opgetree by leeskring op Groot Brak.
Haar nuwe boek Retoer, word deur Lapa uitgegee wat haar al die pad van Provence, Frankryk, ingevlieg om by die US Woordfees en voor ander uitgesoekte gehore op te tree.
Retoer: Pretoria - Provence is 'n bundel van die immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Sy neem die leser op reis deur haar lewe en wêreld, van haar jeugherinneringe, haar studentedae tot en met die leefwyse op die Franse platteland. Met kenmerkende deernis, humor en eerlikheid dek sy 'n wye reeks onderwerpe. Daar is ook 'n rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met 'n ATKV Mediaveertjie bekroon is.
Tydens die byeenkoms was al die "muses" behoorlik teenwoordig aangesien Van der Vyver haar praatjie in die Art@39 Long-kunsgalery gehou het, met die galery se besonders kunswerke in die agtergrond. Die leeskring vergader maandeliks by die Art@ 39 Long-kunsgalery.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakriver, Tuinroete nuus'