MOSSELBAAI NUUS - Met die bekendstelling van haar eerste boek, Padlangs, het Yolandi Claassens beken dat die tweede reeds amper halfpad geskryf is.
In diepe erkentenis en dankbaarheid teenoor God, wat die droom om te skryf in haar hart geplant en ook die woorde van die boek geïnspireer het, het Claassens gesê dat haar boek getuienisse vervat vooruitspruitend uit die welwillendheidsprojekte waarby sy etlike jare al betrokke is.
Die bekendstelling is by die Mosselbaai AGS gehou waar Claassens sê haar droom om te skryf verder ontwikkel en ondersteun is deur lede van haar selgroep.
'n Persentasie van die boek se opbrengs gaan aan Môreson-kinderhuis, waar sy jaarliks projekte aanbied.
'n Groot, maar meer nog dankbare oomblik - Yolandi Claassens by haar boekbekendstelling vandeesweek.
Lizel van Niekerk-Conradie, bekende prokureur, het gou gespring om haar kopie van Padlangs te kry. Hier deel sy 'n oomblik met die skrywer, Yolandi Claassens.
ARTIKEL & FOTO'S: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'