MOSSELBAAI NUUS - Oud-Mosselbaaier en -polisieman, Abraham Plaatjes is op 22 November op 86-jarige ouderdom in Kaapstad oorlede.
Plaatjes wat in Port Elizabeth gebore is het was 'n ervare polisieman wat in Mosselbaai gestasioneer was en tot in 1982 woonagtig was waarna hy Kaapstad verhuis het en hoë status geniet het soos hy van rang na rang bevorder is.
In Mosselbaai het hy op verskeie rade gedien, onder andere op die Lutherse Kerkraad, onder leiding van Hennie Steneberg, saam met Bill Jeffery op die Bestuurskomitee van die Mosselbaai-munisipaliteit en ook op die skoolkomitee van Diaz Primêre Skool.
Hy tree in Kaapstad as 'n majoor uit die diens van die Suid-Afrikaanse Polisie.
Sy potitiewe bydrae by Benevolent Park sal vir altyd onthou word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'