MOSSELBAAI NUUS - Neill Calitz (76) is gister na ‘n siekbed in die Life Bay View Privaat Hospitaal oorlede.
Calitz het vir jare lank in Mosselbaai gewoon en was vir etlike jare die stasiebevelvoerder van die Mosselbaai-polisiestasie waar hy in die rang van majoor afgetree het.
Hy word oorleef deur sy vrou, redakteur van die Mossel Bay Advertiser, Suzette Herrer, dogter, Adelita en drie kleinkinders, Luan, Anri en Neill du Toit. 'n Diens sal vir Calitz in Mosselbaai gehou word op Saterdag, 16 September. Die tyd en plek sal nog bevestig word.
Calitz het ook die Neill Calitz-skietklub op die been gebring en was by die Mosselbaai-duiweklub betrokke.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’