TUINROETE NUUS - Die begrafnis van Andy Lamont, 'n man wat diep spore in die gemeenskapslewe en politiek van George en die Tuinroete getrap het, vind Saterdag plaas. 'n Troosdiens is Donderdagaand vir hom gehou.
Lamont was in die verlede onder meer burgemeester van die destydse Eden-distriksmunisipaliteit en 'n baie bekende gemeenskapsleier.
Die 71-jarige Lamont is verlede Donderdag in 'n hospitaal in George oorlede na 'n kort siekbed. Hy het kanker gehad.
Hy word oorleef deur sy eggenoot Wilma, drie dogters, Lauren, Margaux en Amanda en vyf kleinkinders. Hy het ook drie susters. Margaux woon in Noorweë en Amanda in Duitsland.
'n Begrafnisdiens word Saterdag, stiptelik om 09:00, by die United Congregational Church in Pacaltsdorp gehou.
Belangstellendes word gevra om van 08:30 hul sitplekke in te neem. Lamont sal later tydens 'n privaat geleentheid veras word.
Andy Lamont verlede jaar in November saam met twee vriende, Glynis Kuscus (links) en Doreen Martrin-Jacobs. Foto: Eugene Gunning
Any Lamont toe hy burgemeester van Pacaltsdorp was.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'