Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Hartenbos Versorgingsoord se jaarlikse sportdag vir bejaardes het die afgelope Vrydag in die kerksaal van die Hartenbos NG Gemeente plaasgevind.
Spanne van verskeie versorgingsoorde in die omgewing het met geesdrif aan die onderskeie items deelgeneem.
Die veerpyltjies het gevlieg, hoepels is oor ringe gegooi, sandsakkies in dromme in terwyl ander aktiwiteite verskeie balspele behels het.
Die spanne het geskerts en gejuig en die gesonde, onderlinge kompetisie het in goeie gees plaasgevind. Pannekoek en heerlike kerrie vetkoeke met 'n welkome sap of koppie koffie is aangebied om die innerlike te versterk na die verrigtinge.
Konsentrasie is nodig om die bal in die emmer te kry!
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'