MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit vorder met die tot standkoming van verskeie komitees vir bejaardes.
Op 30 Julie het die beamptes verantwoordelik vir ouerwordende persone met die direkteur gemeenskapsdienste, die portefeulje-raadslid vir die afdeling gemeenskapsontwikkeling en die wyksraadslede van Wyk 4 en 11 vergader om oor die stigting van komitees vir die bejaardes in dié twee wyke te besin.
Daar is reeds komitees gestig in die ander wyke waaroor en meer daaroor sal binnekort in die media berig word.
Hierdie inisiatief is 'n eerste in die Wes-Kaap en 'n gekombineerde program van die Mosselbaai-munisipaliteit in samewerking met die departement van gesondheid en die verteenwoordiger van die Wes-Kaapse bejaardeforum.
Dit is noodsaaklik dat die stem van die ouerwordende persone (60 jaar en ouer) gehoor word en gevolglik word daar subkomitees in al die wyke gestig.
Die Mosselbaai-munisipaliteit wil veral ouerwordende persone (60 jaar en ouer) nooi om Alma Kritzinger (044 6065251 of per e-pos kritzinger@mosselbay.gov.za) te kontak met navrae.
Raadsdames Venolia Fortuin en Marie de Klerk saam met raadslid Annatjie Janse van Rensburg, Alma Kritzinger, Haylene Claassen en die direkteur van gemeenskapsdienste, Elize Nel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'