MOSSELBAAI NUUS - 'n Bejaarde man van Groot-Brakrivier wat vir sewe maande in aanhouding was nadat 'n 10-jarige meisie 'n aanklag van verkragting teen hom gemaak het, het op Maandag, 17 Oktober as 'n vry man uit die Mosselbaai-streekhof gestap.
Dit volg nadat streekslanddros Francina Makahmandela die verdagte (73 jaar) onskuldig bevind het op 'n aanklag van verkragting.
Die slagoffer beweer dat die verdagte haar verlede jaar in Maart in sy huis in Daisystraat verkrag het.
Sy woon in dieselfde straat.
Landdros Makahmandela het tydens haar uitspraak gesê dat die staat nie sy saak bo redelike twyfel kon bewys nie.
Sy het gesê dit is die slagoffer se woord teen die verdagte s'n en het die verdagte onskuldig bevind op die aanklag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'