MOSSELBAAI NUUS - ‘n 65-jarige man van Mosselbaai word op Woensdag, 5 Februarie in die Mosselbaai Streekhof gevonnis nadat hy onlangs skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n vyfjarige meisie.
Die beskuldige, Keith Jooste is tans uit op borgtog nadat hy in aanhouding siek geraak het en meer as twee jaar in aanhouding is.
Die aanklag spruit uit ‘n voorval waartydens Jooste die vyfjarige slagoffer van haar ouerhuis op Mosselbaai gelok het, haar na ‘n afgeleë gebied geneem het en haar drank ingegee het.
Hy het die slagoffer verkrag en is kort daarna in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'