MOSSELBAAI NUUS - Kanker raak die hele gemeenskap, daarom kan mens nie apaties wees sover dit die stryd teen hierdie lewensveranderende siekte betref nie.
Daarom bied die Mossel Bay Advertiser as gemeenskapskoerant, op 1 September, om 10:30 hulle Cuppa for Cansa-funksie aan.
Die Cuppa-geleentheid word gehou by Déjà Vu Vintage House, waar vroue en beslis ook mans heerlik kan saamkuier met outydse fyn porselein in die hand terwyl hulle vanjaar die "gesonder opsie", soos in pas met die Cuppa for Cansa-tema vir 2017, geniet.
Die gasvrou by hierdie Cuppa for Cansa is die nimlike Aunt Ethel. As sy nie grense verskuif om aan die Diasfees se motorghymkana deel te neem nie, ry sy in die voorste linie saam met die organiseerders van die jaarlikse Buffalo-motorfietsbyeenkoms. Daarom takel sy nou ook die kankersaak.
"Ek het nie 'n bang haar op my kop nie. Ons moet kanker die stryd aansê en die oorwinnings, saam vier. Daarom nooi ek almal om saam met my te kom tee drink, pinkie in die lug en al. Dis boonop die ideale manier om Lentedag te vier."
Kaartjies kos R60 en sluit drinkgoed, versnaperinge en 'n fotogeleentheid met 'n hoed en stola uit die vintage-klereversameling van Déjà Vu Vintage House in.
Navrae kan gedoen word by Joan (082 415 9588) of die Mossel Bay Advertiser (044 690 7156).
Aunt Ethel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'