Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisiestasie in samewerking met ander polisiestasies op Mosselbaai en rolspelers in die gemeenskap het op Dinsdag, 8 Junie 'n 19-jarige verdagte en 'n 23-jarige verdagte in verband met die moord op Rikus Raath (21) in hegtenis geneem.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt Malcolm Pojie sê beide verdagtes is naby die JCC-woongebied, vasgetrek. Volgens kapt Pojie het die verdagtes probeer weghardloop, maar polisielede kon nietemin daarin slaag om hulle te vang.
Die mans sal vandag, 11 Junie in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord.
"Terwyl die slagoffer nog op die toneel gelê het, was daar 'n man in 'n wit Toyota-dubbelkajuitbakkie wat na bewering agter die verdagtes probeer aanry het.
"Die polisie versoek dat die persoon of enigeen met inligting die ondersoekbeampte in die saak, ao Juanita Burger kontak by 082 499 2324."
Hierdie polisiebeamptes van die Da Gamaskop-polisiestasie het onverpoosd gewerk om die verdagtes in verband met die sinnelose moord in hegtenis te neem. Van links lt kol Maurice van Egmond, kapt Maria Gerber, kol Khutala Masakala en ao Juanita Burger.
Vorige artikels:
- Another suspect arrested
- Man in hegtenis na moord by verkeerslig
- Man (21) stabbed to death near Dias beach
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'