MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Raad het op Dinsdag, 30 Mei, tydens 'n spesiale raadsvergadering die 2023/2024 munisipale begroting goedgekeur.
Burgemeester Dirk Kotzé het inwoners bedank vir hul volgehoue ondersteuning ten spyte van 'n benarde ekonomie.
"Tans handhaaf Mosselbaai-munisipaliteit 'n betalingskoers van diep in die 90% en ek kan net my opregte dank uitspreek vir elke inwoner wat steeds vir dienslewering betaal. U toewyding spreek duidelik in die jongste prestasie toe Mosselbaai gesamentlik derde geplaas is in Ratings Afrika se 2022 Munisipale Finansiële Volhoubaarheidsindeks."
Kotzé het bygevoeg dat 'n skamele twee punte die eerste en derde plekke op hierdie indeks skei en sy gelukwensinge oorgedra aan die wenners asook George-munisipaliteit wat in die tweede plek geplaas is.
Die Wes-Kaap was weer die top-presterende provinsie.
"Sonder die volgehoue steun van ons gemeenskap sou die munisipaliteit nie die dienste kon lewer op die standaard waaraan ons inwoners gewoond is nie."
Koste-reflektiewe tariewe
Koste-reflektiewe tariewe verwys na die uitgawe wat die munisipaliteit moet aangaan om 'n diens te kan lewer, en daardie koste moet deur dié tariewe wat vir die diens gehef word, verhaal word. Volgens die Grondwet moet 'n munisipaliteit spesifieke dienste lewer. Daardie dienste moet befonds word deur óf eie befondsing (munisipaliteit gegenereerde inkomste), toekenningsbefondsing (provinsiaal of nasionaal), óf lenings.
Vullisverwyderingsdienste, byvoorbeeld, waar die vullis weeklikse verwyder word. "Vir illustratiewe doeleindes, kom ons sê die verskaffing van hierdie diens het die munisipaliteit R1 miljoen per jaar gekos, insluitend bedryfskoste soos salarisse, brandstof, herstelwerk en instandhouding van toerusting, kantoortoerusting asook die vervanging van munisipale bates, wat die einde van hul lewensiklus bereik.
"Met hierdie inligting beskikbaar, sal ons dan die aantal huishoudings bepaal wat vir hierdie diens geregistreer het, waaruit inkomste verhaal moet word om die koste te dek. Die munisipaliteit kan 'n persentasie of twee as wins byvoeg om voorsiening te maak vir toekomstige munisipale kapitaalvervangings. Hierdie proses word toegepas op alle handelsdienste wat gelewer word soos elektrisiteit, water, vullisverwydering en riool, asook eiendomsbelasting."
Begrotingstekort
Die munisipaliteit verrig ook ander funksies, soos instandhouding van openbare ruimtes, die verskaffing van biblioteekdienste, hulp met die Nasionale Behuisingsprogram, brand en reddingsdienste, en gemeenskapsveiligheid. Die munisipaliteit ontvang toelae vir sommige van hierdie dienste, maar nie genoeg om al die bedryfs- en kapitaalkoste te dek nie.
Eiendomsbelasting, wat deur die munisipaliteit geïn word, befonds hierdie dienste asook ander munisipale bedryfskoste, soos die uitgawes aan die Finansies- en Korporatiewe Dienste direktorate.
Vir die 2022/2023 finansiële jaar, met inkomste uit eiendomsbelasting, onderverhaal die munisipaliteit op die koste teen ongeveer 55%, wat bydra tot die aansienlike begrotingstekort in die 2023/2024-begroting.
Impak van energiekrisis
Die impak van beurtkrag op die begroting is enorm. Die munisipaliteit bedank inwoners vir hul geduld terwyl hard gewerk word aan die implementering van 'n strategie vir energievolhoubaarheid. Die munisipaliteit herprioritiseer fondse vir energieveerkragtigheid om 'n beter toekoms vir inwoners te verseker.
Die munisipaliteit ly verliese aan inkomste op die verkoop van elektrisiteit.
Eskom se styging in grootmaat-aankope was 14,89%. Net om vier nuwe dieselkragopwekkers vir noodsaaklike dienste te bedryf beloop ongeveer R10 miljoen vir die jaar (bereken op beurtkragfase 4 vir 200 dae).
Munisipale-voertuie moet brandstof gebruik vir dienslewering en die munisipaliteit is nie immuun teen hoër brandstofkoste nie.
Boonop is 'n nasionale bedinging van 6.9% goedgekeur vir salarisverhogings aan munisipale beamptes.
Besnoei
Die Munisipaliteit moes alle nie-noodsaaklike operasionele uitgawes besnoei en kostebeperkingsbeleide sal nog strenger as die afgelope paar jaar toegepas moet word.
Die beraamde begrotingstekort vir die Mediumtermyn-inkomste-uitgaweraamwerk (TREF) beloop R133 miljoen, R21 miljoen minder as die vorige MTREF-tydperk.
Die Raad moet op hierdie tekorte besnoei om uitgawes binne die beskikbare fondse te laat klop.
Selfs al moet tariewe koste reflekteer vir 'n geloofwaardige begroting, moet die tariewe ook vir inwoners bekostigbaar wees. Dit is 'n baie moeilike taak om 'n balans tussen koste-reflektiewe tariewe en bekostigbaarheid te vind.
Tariefverhogings
Die tariefverhogings vir die 2023/24-begrotingsjaar is soos volg:
- Die elektrisiteitsverbruiktariefverhoging in ooreenstemming met die NERSA-tariefriglyn is 14.89%. Die Raad implementeer egter 'n 5%-verlaging in die Basiese Elektrisiteitsheffing.
- Eiendomsbelasting verhoog met 11%
- Vullisverwyderingstariewe styg met 5%
- Riooltariewe styg met 6%, en
- Water styg met 14%, maar die basiese heffing word met 5% verminder.
Verstaan die 2-deel tarief
'n Beleidsaanpassing word op elektrisiteitsverkope geïmplementeer en alle verbruikers word voorts op 'n tweedelige tarief geplaas, wat 'n basiese tarief en verbruiksheffing behels. Om die impak op huishoudelike uitgawe te versag, verlaag die basiese elektrisiteitsheffing met 5%.
Hulp aan bejaardes
Hulpmaatreëls aan kwalifiserende deernisgevalle en rabatte vir kwalifiserende pensioenarisse geld steeds en is nie beperk tot sekere mense of groepe in die gemeenskap nie.
'n Nuwe voorsiening word gemaak om 'n afslag aan pensioenarisse te gee ten opsigte van enkelresidensiële eiendomme op hul basiese elektrisiteitskoste. Pensioenarisse kwalifiseer mits hulle:
- hul eiendom permanent bewoon as primêre woning
- minstens 60 jaar oud is, of, indien jonger as 60 jaar
- medies ongeskik verklaar is, en
- 'n bruto maandelikse huishoudelike inkomste ontvang wat nie die bedrag wat deur die Raad tydens die Munisipaliteit se begrotingsproses bepaal is, oorskry nie.
Die afslag sal soos volg bepaal word:
- 30% afslag indien die totale bruto maandelikse huishoudelike inkomste nie R24 200 per maand (R290 400 per jaar) oorskry nie, of
- 50% afslag indien die totale bruto maandelikse inkomste nie R18 100 per maand oorskry nie (R217 200 per jaar)
Deernisvoordele
Behoeftige huishoudings ontvang weer deernisvoordele wat insluit afslag op basiese diensfooie vir water, elektrisiteit, vullisverwydering, sanitasie en eiendomstariewe.
Hierdie verligting word ook uitgebrei na huishoudings, insluitend 'n persoon(a) met 'n gestremdheid, sou hulle aan die nodige en gespesifiseerde kriteria voldoen.
Inwoners verseker
Raadsheer Kotzé het sy begrotingsrede afgesluit deur inwoners te verseker dat die munisipaliteit steeds hard sal werk om te verseker dat niemand ooit moet voel daar word betaal vir dienste wat nie gelewer word nie.
"Ons wil verbruikers nooi om, indien hulle nie hul verpligtinge teenoor die munisipaliteit kan nakom nie, onmiddellik met die munisipaliteit te skakel en reëlings te tref om agterstallige gelde te vereffen.
"Sonder ons inwoners is daar geen munisipa-liteit nie - u volgehoue steun maak Mosselbaai die voorkeurbestemming wat dit is."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’