MOSSELBAAI NUUS - Bykans 'n jaar nadat besoekers uit Pretoria tydens 'n wandeling op Diasstrand op 'n skynbaar gruvonds afgekom het, is die raaisel nou opgelos.
Die Da Gamaskop-polisie het 'n dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek geopen nadat hulle op 1 Februarie 2018 ontvangs geneem het van 'n donkerblou Adidas-sweetpakbaadjie, waarin wat lyk soos 'n ribbebeen vassit.
Munisipale werkers was ook op die toneel ten tye van die voorval.
Nuus aangaande dié vonds het groot reaksie aanlyn op die Mossel Bay Advertiser se facebookblad ontlok.
Die vonds is aan die Da Gamaskop-polisie oorhandig wat dit vir forensiese toetse na Kaapstad gestuur het om te bepaal of dit menslike beendere is.
Kaptein Wollie Fourie, kommunikasiebeampte van die Da Gamaskop-polisie het by navraag gesê dat forensiese toetse bepaal het dat dit robbeendere is.
Lees vorige artikels hier:
Die skynbaar gruvonds is tydens 'n wandeling deur besoekers ontdek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'