MOSSELBAAI NUUS - Nooddienste is vanoggend ontbied na Hartenbos waar beendere, vroegoggend deur lewensredders op die strand ontdek is.
Die polisie se seegrenseenheid was ook op die toneel.
Die beendere is aan lede aan van forensiese patologiese dienste oorhandig.
Lede van forensiese dienste wat intussen op die toneel in Hartenbos waar beendere vanoggend gevind is, opgedaag het, het by nadere ondersoek bevestig dat die vonds nie menslike aard is nie, maar waarskynlik die oorskot van ‘n rob is.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'