Dié grusame vonds is Maandag omstreeks 10:00 in 'n beboste gebied by Blue Waters, De Bakke gedoen.
Volgens die Mosselbaai Polisie is die persoon moontlik reeds drie jaar dood.
Die oorledene was ten tye van haar/sy dood geklee in ‘n blou denim met 'n swart gordel, 'n wit of beige trui met groen of pienk vertikale strepe.
Kontrakteurs, wat besig was om gate in die omgewing te grawe, het op die beendere afgekom.
Die oorsaak van die persoon se dood is nog nie vasgestel nie, maar 'n geregtelike doodsondersoek word gedoen.
Die toneel waar die beendere gevind is.
Hierdie ring is ook op die toneel gevind.