MOSSELBAAI NUUS - Die Solidariteit Helpend Hand Mosselbaai-tak het onlangs 'n bederfdag vir 52 bejaardes by die Kenani ACVV gehou.
Elke bejaarde het toiletware, heerlike beskuit, wat deur een van die taklede gebak is en 'n warm sjokoladedrankie ontvang.
Die Hoof van Solidariteit Helpende Hand, Hannes Noeth, het met die bejaardes gesels oor hoe om geduldig te wees teenoor ander en eensaamheid te hanteer.
Ook oor elkeen se nalatenskap. Die vraag was ook gevra of hulle nog hoop het vir Suid Afrika? Die antwoord was ja.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'