MOSSELBAAI NUUS - Die lekker gedeelte van die vakansie is verby en almal skud vere reg vir 2022 wat voorlê.
Ook huise word reggeskud en alles wat oorbodig is word uitgegooi om plek te maak vir nuwe items.
Daardie items, soos byvoorbeeld gordyne, enkelbedlinne en duvetstelle en die mooimaakgoed vir ‘n manskamer kan vir Huis Trebla geskenk word. Huis Trebla is deel van ACVV Kenani-dienssentrum en is ‘n huis vir gestremde mans.
"Ons wil baie graag die huis en veral hulle kamers vir hulle omskep in 'n plekkie wat mooi is en waar hulle graag wil wees. Baie dankie vir almal se getroue ondersteuning al die jare en ons glo ons gaan weer in 2022 saamstap."
Indien jy kan help met enige van hierdie items, skakel 044 690 3204 gedurende weeksdae tussen 08:00 en 15:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'