HARTENBOS NUUS - Die publiek, gemeentelede en vakansiegangers word uitgenooi na NG Kerk Hartenbos se Hartelus-basaar.
Hierdie feestelike geleentheid vind plaas op die kerkterrein op Saterdag, 23 Maart vanaf 08:30.
Soos te wagte kan wees, sal alles wat lekker is te ete aangebied word, kerrie en rys, pannekoek, beskuit, groot koeke, kleinkoekies, souttert en pasteie, poeding, groente, vrugte en nog meer. De Rust se gemeente bied ook weer vleis van uitstaande gehalte te koop aan.
Op Vrydagaand, 22 Maart sal wegneem braai-etes beskikbaar wees. Kaartjies is vooraf te koop by die kerkkantoor teen R60 per ete Die ete bestaan uit braaihoender (boud en dy), wors, heerlike brood en twee slaaie.
'n Groot trekpleister is natuurlik ook die witolifant-tafel. "Ons spog nog steeds dat dit die grootste witolifant-verkope in die Suid-Kaap is. Kom snuffel gerus en koop winskopies," nooi Heleen Coetsee, een van die organiseerders. Die tent sal vanaf 07:00 oop wees.
Vir enige navrae, skakel die kerkkantoor soggens (044 695 1942) of Heleen Coetsee (082 454 5724).
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'