MOSSELBAAI NUUS - Hier op Mosselbaai, staan die vroue se hande vir niks verkeerd nie, veral nie as dit 'n bakkery betref nie.
Vir die kleinkoekie-entoesiaste, het Marike Smith 'n bobaasbakker en kenner in versierkuns, onlangs 'n werksessie aangebied en 'n paar van haar geheime met plaaslike vroue gedeel.
Die vroue het met groot inspanning hulle keurige koekies versier en omtrent klein kunswerke geskep.
Hierteenoor, het die vroue van die Volle Evangelie Kerk weer met oorgawe gewys wat in hulle steek toe hulle die winterkoue op 'n Saterdagoggend nogal aangedruf het om by Agri pannekoek te bak.
Vryskutfotograaf vir die Mossel Bay Advertiser, Grey Stopforth het beide groepe vroue in aksie afgeneem.
Raakvatvroue van die Volle Evangelie Kerk by die Agri.
Vroue besig om te kyk wat hul leermeester Marike Smith beduie. Foto's: Grey Stopforth
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'