MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se Brand, Redding en Rampbestuursdienste is tans besig om 'n persoon uit 'n voertuig te bevry na 'n ongeluk op die R328 naby Brandwag.
Een baan van die pad is gesluit vir verkeer met die die nooddienspersoneel van die Metro-ambulansdiens en Verkeerspersoneel op die toneel.
Verkeer word gereguleer en motoriste word versoek om gehoor te gee aan instruksies deur die beamptes op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'