TUINROETE NUUS - Die Eden Photographic Society se Augustus-byeenkoms is weer virtueel gehou om die onderskeie wenners van die voorgeskrewe tema ys-fotografie, asook die ope afdeling aan te kondig.
Die wenners is soos volg:
Voorgeskrewe tema
Junior wenner: Gerda Fouché se Cherry on Ice.
- Senior wenner: Elizabeth Nicholson se Frozen inside, naaswenner Anton la Grange se Ariel is trapped.
Ope afdeling
- Junior wenner: Gerda Fouché se Butterfly, naaswenners Wayne Boshoff se Twinkle Toes en Gerda Fouché se Garlic reflections.
- Senior wenner: Anton la Grange se Incoming landing, naaswenner Anton la Grange se Jumping in Tandem.
Fotogalery: Augustus fotografie wenners
Lede van die klub vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 18:00. Alle belangstellendes en fotografie entoesiaste is welkom om aan te sluit. Daar is elke maand 'n voorgestelde tema.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Anton la Grange (084 442 4442).
Anton la Grange se Incoming landing.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'