MOSSELBAAI NUUS - Die plaaslike ATKV-takke, Seeuitsig en Langsous was omtrent bedrwyig in aanloop tot Erfenisdag. Seeuitsig, wat hulle veral beywer vir jeugontwikkeling, het boekebokse by twee plaaslike laerskole, Diaz en Ridgeview afgelewer as deel van hulle bydrae om die jeug deur leesvaardighede te bemagtig.
Op Dinsdag, 21 September is interaktiewe werksessies by dié twee skole aangebied deur Chareldine van der Merwe van die ATKV se Vriende van Afrikaans en Dokka Swart van Doen en Leer.
Die twee vroue tree ook vanmiddag vanaf 13:30 by Erika Primêre Skool op wanneer hulle praktiese wenke aan ouers, opvoeders en ander belangstellendes sal gee aangaande die waarde an lees en hoe om ‘n liefde vir lees by kinders te kweek.
Die geleentheid is gratis en word deur die Seeuitsig-tak en Langsous-tak gesamentlik aangebied.
Die boekebokse is die ATKV Seeuitsig se bydrae om die jeug deur leesvaardighede te bemagtig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'