Die resultaat sal 'n moderne, opwindende oord ongekend aan hierdie deel van die kus wees.
Dit is die mening van Herman Pretorius, Uitvoerende Direkteur van Latitude Properties, die ontwikkelingsvennoot vir die nuwe ATKV handels en ontspanningsnode op Hartenbos.
Verskeie vooraanstaande Mosselbaaiers is op Donderdag, 13 Februarie na die amptelike bekendstellingsfunksie genooi en Mosselbaaiers het die afgelope naweek die geleentheid gehad om hulle van die detail oor die voorgenome herontwikkeling van die ATKV strandoord te vergewis.
Eerste fase
Die ontwikkelaars benadruk dat die nuwe handels- en ontspanningsnode nie as 'n winkelsentrum geag moet word nie. Die projek is tans 60% verhuur, met as ankerhuurder 'n bekende nasionale kruidenierswinkelgroep, winkels op die toerismemark en 'n vlooimark.
Fase een, teen 'n koste van ongeveer R250-miljoen, met 'n geriefshandelsarea, restaurante van sowat 2 000 vkm en ongekende seesuitsig, sal 'n groot trekpleister wees en beskutte, buitelug sitplekke sal bydra tot die vakansie-atmosfeer. Hierbenewens sal 'n banksake- en kantoorsektor ook in fase een vervat wees.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.

'n Kunstenaarsvoorstelling van die eerste fase van die nuwe handels- en ontspanningsnode wat vir Hartenbos in die vooruitsig gestel word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'