MOSSELBAAI NUUS - Die Hartenbos-rolbaklub was vanjaar weer oudergewoonte die gasheer vir die Arbeidsbediening se terugvoeringsgeleentheid aan die gemeenskap wat betref die organisasie se werk ter bevordering van die Evangelie.
Agt-en-tagtig mense, waaronder predikante, sakelui en vriende van Arbeidsbediening het die funksie op Donderdag, 10 Februarie bygewoon. Voorsitter van Arbeidsbediening, Blackie Swart, het die program gelei.
Jan de Wet, bekende gospelsanger het 'n boodskap van bemoediging aan die teenwoordiges gebring en ook met sang bedien.
Tydens die geleentheid is 'n groot ruiker as 'n blyk van waardering vir getroue diens aan Chris Smit en sy vrou, Trudie oorhandig.
Simoné Koen, plaaslike model het die ruiker oorhandig. Smit dien al 30 jaar lank in die Arbeidsbediening. Die Smith-egpaar is ook die herderspaar van Wilderness Christian Fellowship.
Pierre Lamprecht van Arbeidsbediening aan die woord. Links van hom is die voorsitter, Blackie Swart en in die agtergrond, gospelsanger, Jan de Wet.
Ten spyte van sy verpligtinge, gaan Smit steeds voort met sy toegewyde diens aan Arbeidsbediening.
Arbeidsbediening stel tans 'n CD beskikbaar met lof- en aanbiddingsmusiek. Die verkoop van die CD dien as 'n fondsinsamelingsprojek. Annette Strydom en Yolande Kotze is tans by die musiekbediening vir Arbeidsbediening betrokke. Hulle bring die Woord in die werksplek deur middel van musiek.
Johan Boshoff besoek plase en gevangenisse in diens van Arbeidsbediening.
Pierre Lamprecht is die organisasie se voltydse geestelike werk. Lamprecht het die teenwoordiges bedank vir hulle ondersteuning aan Arbeidsbediening.
Chris en Trudie Smit saam met plaaslike model, Simoné Koen.
Foto's: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'