MOSSELBAAI NUUS - Anton Siebert (30), ‘n opvoeder aan Diaz Primêre Skool, het deurgedring na die Top 50 van die Mnr Suid-Afrika-kompetisie.
Die Top 50 is verlede week bekendgemaak.
Hy is tans nommer 24, maar slegs 1.34% agter die persoon wat in die 10de plek lê.
Mosselbaaiers kan hom ondersteun deur MRSA49 te SMS na 40439. Dit is R2 per sms en geen gratis SMSe word aanvaar. Op 1 Julie word die Top 40 aangekondig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'