MOSSELBAAI NUUS - Enige persone wat moontlik gisteraand (Woensdag 1 November) 'n ongeluk opgemerk het tussen 'n onbekende voertuig en 'n ambulans by die verkeerskruising by die Mosselbaai Mall, word versoek om met hul naaste polisiestasie te skakel.
Die ongeluk het omstreeks 20:30 plaasgevind.
Die voertuig wat skynbaar in die ambulans vasgery het, het van die toneel weggejaag.
Die ambulans is by die regter agterwiel beskadig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'