Update
TUINROETE DISTRIKNUUS - Gesamentlike pogings op Sondag, 23 Mei deur oplettende lede verbonde aan Albertinia-polisie in die Da Gamaskop-groep het tot die in hegtenisneming van 'n 39-jarige Nigeriese man vir die besit van 100 mandrax-tablette en 'n beduidende hoeveelheid tik gelei, wat vir plaaslike verspreiding bedoel was.
Lede het opgetree volgens inligting wat ontvang is dat die verdagte moontlik dwelms verkoop en deur 'n voertuig afgelaai word wat hom 'n geleentheid na Albertinia gegee het.
Die lede het die verdagte opgemerk toe hy Albertinia vanaf die N2 ingekom en na die industriële gebied stap.
Hulle het hom gevisenteer en 100 Mandrax-tablette, asook 10 bankies gekry wat glo soliede Crystal Methamphetamine (Tik) is, met 'n geskatte waarde van ongeveer R25 000. Die vonds is as bewysstuk gekonfiskeer.
Brigadier Phumzile Cetyana, bevelvoerder van die Da Gamaskop-polisiesone het die lede vir hul waaksaamheid geprys.
"Ek het groot lof vir die inhegtenisneming, wat 'n groot knou vir die plaaslike winsgewende dwelmhandel in 'n klein dorpie soos Albertinia is, omdat die misbruik van onwettige dwelms dikwels lei tot die pleeg van geslagsgeweld," het hy afgesluit.
Vorige artikel: Man vas vir dwelmhandel
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'