SUIDKAAP NUUSFLITS - Lee-Roy Muller (12) en sy dansmaat, Jade Moolman (10) het hulle pad oopgedans tot in Londen.
Hierdie paartjie vertrek op 4 Oktober om teen ander internasionale dansers te kompeteer. Lee-Roy en Jade het verskeie baldans en Latyns-Amerikaanse kompetisies gewen is albei lede van die dansskool, Dance Dimension Mossel Bay.
Hierdie paartjie het net-net begin loop toe hulle besluit het om te dans. Lee-Roy was agt en Jade ses jaar oud gewees toe hulle aangesluit het by Dance Dimension, Beaufort-Wes.
Lee-Roy Muller en sy dansmaat, Jade Moolman dans eersdaags in 'n kompetisie in Londen.
Hulle albei was op daardie stadium woonagtig in Beaufort-Wes en het onder leiding van Virgil en Juliana Laws begin om aan kompetisies deel te neem.
Hulle het aan verskeie kompetisies regoor die land deelgeneem en is uiteindelik in 2014 as Suid-Afrikaanse kampioene in hulle ouderdomsgroep gekroon.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'